Tuesday, 6 March 2012

Sliffy McDisko



Dit was ‘n Saterdagaand, M van die Tempel het die donker  waters van Schivas Rock Pretoria ingevaar saam haar twee blonde sidekicks om die dudes van Sliffy McDisko te interview, lees bietjie verder aan om meer uit te vind oor Sliffy en hulle wild adventures.

M/Tempel: Baie geluk met die nuwe demo, hoekom het dit julle so lank gevat om ‘n nuwe een te release?

Duane: Wel die ou ene het ons nie release nie, want ons het nie gedink dis goed genoeg nie haha. En toe tussen in was daar ‘n 8 maande breuk ook nog gewees maar toe ons in November laasjaar weer begin het toe record ons al in Desember weer, so dit het nie eintlik so lank gevat nie haha.

M/Tempel: Wie skryf die songs en wat inspire jou/julle?

Ewald: Ek en Duane, maar deesdae is dit meer soos ‘n groep ding en wat ons inspire is bands soos Queens of The Stone Age, MGMT, en defnitief The Strokes.

Werner:  Ek dink dis mainly personal experiences ook.

M/Tempel: Waar kom julle aan die random song titles, soos byvoorbeeld Purple Paper Petting Zoo?

Ewald: Rowwe aande, Duane het verdwyn.

M/Tempel: Beskryf die target audience vir die demo?

Duane: Enige fucking jong mense, ons weet nie rerag nie hahaha

Ewald: Enige iemand eintlik, as jy dit dig is dit awesome.

Duane: Meeste stoners love ons musiek haha.

Miskien omdat dit baie trippy shit is wat ‘n ‘feel good’ vibe skep.
M/Tempel: Wat wil julle hê moet mense voel of experience as hulle na julle musiek luister?

Duane: Dans en Hoendervleis haha.

Ewald: Goeie antwoord ou.

M/Tempel: So julle ouens het shows lined up in Potch, Pretoria, Boksburg en vele meer, as julle ‘n tour bus gehad het hoe sou hy lyk en watse crazy shit sal op die bus gebeur?

Duane: Vol meisies en onderklere.

Ewald: Magnums en kerse.

Duane: Sigarette en drank oh en dit sal baie deurmekaar wees.
Ja, ‘n deurmekaar tour bus met magnums en kerse is enige meisie se droom.

Duane: Maar ek en Ewald bly alklaar eintlik in sy kar, dis ons huis.

Ewald: Ons het ‘n rooi huis op wiele.

Hopelik was julle hom gereeld dudes.
M/Tempel: Hoe het julle met die naam Sliffy McDisko opgekom?

Duane: Ons het so wilde aand daar by cool runnings in Melville gehad, en daar was like hierdie mannetjie geverf teen die muur en hy staan toe met ‘n bordjie waarop daar staan “Sliffy” en my nickname in die ander band (Die Droom Proses) was iets te doen met disco, toe sê  Ewald hy dig dit en ons moet Mac in sit want dis die enigste woord wat daai shit kan combine….

Ewald: Ons hou van McDonalds en dans ook.

Duane: Ja dis pretty much maar baie random. 

Random, kreatief en baie catchy. 
M/Tempel: Julle het een Afrikaanse song op die demo, dink julle julle sal in die toekoms meer Afrikaanse treffers skryf?

Duane: Ons het actually ‘n nuwe een, “hierdie outjies fok my op” hy’s baie fun maar ek weet nog nie of daai die working  title gaan wees nie maar ons sal maar sien.

Wie sou nou ooit kon dink dat outjies die mighty Sliffy kan opfok?
M/Tempel: Hoe het dit gevoel om ‘n verhoog te deel met 3 van S.A. se grootste bands (Zebra and Giraffe, Dance! You’re on fire, en Shadowclub)

Ewald: Dit was die beste experience ooit en hulle is almal fucking awesome, ja dit was die beste. En ‘n moerse eer.

M/Tempel: Het julle al ooit ‘n random groupie attack of invasion gehad?

Duane: Nee ons het nog nooit rerig ‘n hetero sexual groupie attack gehad nie.

Werner: Ek hoop dit gebeur haha.

Ewald: Ja nee hopelik binnekort, fok ek kan nie wag nie.

Meisies, moenie skaam wees nie, hulle is sexy mannetjies hoor.

Tyd vir ‘n lekker pop quiz voor ons cheers!
  • Watse era staan bekend as die disco era?
A: 1960’s when music was at it’s best
B: 1980’s when mullets ruled the wold 
C:1970’s when the Stretch Armstrong action figure hit the stores
D: 2011 the year indie killed emo

Random dronk ou in die agtergrond se antwoord: 1960’s

Sliffy se antwoord: 1970’s

Regte antwoord: 1970’s
  • Sliffy is the oldest son, Sliffy’s father has 4 sons, what’s the first son’s name?

Sliffy se antwoord:  Na ‘n rukkie het hulle by Sliffy uitgekom

Regte antwoord:  Sliffy

M van die Tempel kon nie daai ene uit figure nie
  • Hoe baie spieёltjies het ‘n average sized disco ball?

Sliffy se antwoord:  1000, uhm 1016, 500, 600, 900

Regte Antwoord:  Niemand weet eintlik nie want jy raak confused as jy dit probeer tel.

Ons praat uit ervaring uit.
  • Wat gebeur as jy ‘n lightsaber in water sit?

Sliffy se antwoord: Bad karma gebeur.            

Regte Antwoord: Ons het regtig gehoop hulle weet, ons weet glad nie…

Don’t let their faces fool you, hierdie band is nogals slim…
M/Tempel: En die laaste vragie, waarvoor kan Sliffy fans uitsien?

Ewald: Ons wil ‘n album record en ‘n nasionale toer organize, en nog ‘n video ook. Dit sal awesome wees as dit kan gebeur. Ons gaan ons bes probeer haha.

So dudes en nie dudes, dit was Sliffy McDisko gewees. Hulle demo is by al hulle gigs beskikbaar en mens kan hom download op sound cloud. Die drummer (Albert) was by die interview ons belowe. Vir meer details kan jy hulle facebook page gaan check! Tot later maats..




No comments:

Post a Comment