Ons het bietjie via e-mail met Deon Roos gechat van Gevoel van Veiligheid. Hy’s ‘n baie besige dude en ons is super bly hy kon vir ons ‘n tydjie gee. Geniet hom!
M/Tempel: Obviously is julle naam nie based op die gevoel wat jy kry as jy ‘n nuwe alarm system install nie, so wat beteken GvV eintlik?
Deon: Raymond is bang vir die donker, toe bel hy my een aand en vertel my van sy fear, hy’t verder gegaan en gesê hy soek ‘n plek waar hy kan veilig voel, ek vra toe soos ‘n Gevoel van Veiligheid? To hy ja se neem ek dadelik aan hy wil ‘n band begin…hom nog nooit kans gegee om terug na die donker te gaan nie.
M/Tempel: Hoe het dit gevoel om julle music video vir die eerste keer op MK te sien?
Deon: Ons het baie hard aan die video gewerk en Stefan van KoringKriek Produksies het nog harder gewerk, veral as ons nie wil saam werk nie. So ons is baie trots op die finale produk, maar nie een van ons 2 kyk eintlik so erg baie tv nie, ek kan nie sê ek’t al die video gesien nie hahaha weet nie van Raymond nie.
M/Tempel: Ons het gelees dat julle twee van 2 verskillende bands af kom, hoe het julle bymekaar uitgekom en verskil julle vorige bands se style met GvV?
Deon: Ek’t in 2008 saam Raymond in n vol band gespeel, en begin 2009 my eie pad gevat en Die Onbekende begin, so mid 2010 het altwee bands, myne en syne , half onbeplande breuke gevat, met shows wat nog gespeel moes word, toe bel ek hom en ons het net begin speel om ons bands se slots vol te hou en het tot vandag toe nog nie opgehou nie.
Neontetra was n baie punk rock blink 182 band met lekker songs en n lekker vibe
Die Onbekende was n meer erinstige band met n mengsel tussen Chevelle & Underoathish songs
M/Tempel: Vertel vir ons ‘n bietjie oor die upcoming album, is dit veilig om te luister en wanneer sal hy beskikbaar wees en waar?
Deon: Jip, heel veilig haha ons sou Januarie by n Record Label gesign het en die “Groot band pad” gevat het, en na baie discussions en stuff het ons besluit om indie te bly, ons record by n baie goeie vriend van ons se studios, Open Road Studios, en gaan maar stadig gaan met die album, het eers n klein verrasingtjie saam Die Zefferband wat uitkom voor die album en dan dalk nog n free EP voor ons die album uit sal hê.
(Imagine, ‘n zef-indie collaboration. Dit kan net awesome wees)
M/Tempel: Dink julle ‘n musikant het meer voordele in die dating world as enige ander normale ou? En as julle so dink gee ons ‘n paar redes hoekom?
Deon: Hang af…As jy ‘n Drummer of Bassist is…nee. Maar ek en Raymond speel al twee guitar so verseker. Chicks dig guitarists hahaha maar ons het al twee baie goeie meisies wat ons baie ondersteun.
(Sorry girls, they’re taken)
M/Tempel: Watse onderklere maak verkies julle?
A: Jockey
B: Pep special
C: Cartoon Boxers
D: Onderklere is overrated
Deon: Defnitief D
(Let op na die alliterasie)
M/Tempel: Julle was al redelik baie op toer gewees, en almal weet toere kan soms hand uit ruk! watse memorable moments het Gevoel van Veiligheid al self op toer gehad?
Deon: Hahaha Raymond kon ‘n paar van die Aardklop shows nie saam speel nie toe het my een vriend, Janco, saam gespeel en al ons verblyf planne het op ons gedrop. So toe sneak ons elke aand met die kar op die sport gronde in en slaap 5 mense in Janco se kar.
M/Tempel: As julle enige raad of advies vir upcoming bands kan gee wat sal dit wees?
Deon: Moenie vergeet om te geniet wat julle doen nie, vergeet van fame, vergeet van alles en geniet die musiek, dit werk vir ons .
(Dis die beste advice om te gee, wise words Deon)
M/Tempel: Julle is seker nou baie besig met die album, en julle altwee het day jobs ook. Hoe affekteer dit julle personal lives? En sou julle eerder verkies om op stage te wees?
Deon: Defnetief! Ons het amper niks meer tyd vir net chill nie, dis die plan, om heeltyd op stage, back stage of in die studio te wees maar die lewe werk nie so nie. Maar yeah ons geniet wat ons doen so dis nie so erg soos wat dit klink nie.
M/Tempel: Waarna kan GvV fans uitsien die jaar?
Deon: Down to Africa doen al ons bookings nou, so moer lekker shows reg oor die land, by al die major festivals, Stefan van KoringKriek en ons het half 'n deal om elke 3-4 maande n nuwe video uit te bring. Soos ons reeds genoem het, die verassingtjie saam Die Zefferband en maybe nog n free EP. Daarna verseker ons Album. Ons chat ook met Hope is my Hero laat ons n artist reeks uit bring van hulle awesome shirts so jy kan maybe even daar ook vir jou eenetjie optel .
Sweet, so daar het julle dit. Baie dankie en baie sterkte aan Gevoel van Veiligheid. Gaan check hulle uit op facebook en hou MK dop vir hulle music video.

No comments:
Post a Comment