Tuesday, 14 February 2012

Die Mislukte Rebellie

Lucia gesels bietjie met die rebellie wat misluk het by Café Barcelona voor hulle video launch.

M/Tempel: Weet julle dat julle band naam in Fokofpolisiekar lirieke verskyn?

F.C.- Regtig? 

WJ- Ja, dit was net toe ons die band begin het, Bernard ons heel eerste vocalist van die band, dit was  oorspronklik sy idee, toe het ons besluit om dit te verdraai en te se die Mislukte Rebellie maar ons weet nie  wat Fokofpolisikar daai tyd daarmee bedoel het nie maar wat ons ons daarmee bedoel is dat ons is juis nie “rebels” is nie, omdat ons die Mislukte Rebellie is. Ons het probeer rebeleer soos wat baie mense doen, maar ons kon dit nie reg kry nie.

Hannes-As jy gaan kyk Jesus was ook as 'n rebel gesien. Ek is 'n christen en ek wil n positiewe boodskap oordra, ek wil hoop bring in ‘n wereld waar daar nie hoop is nie. Dit is partykeer goed om om ‘n bietjie die rebel te wees, want as jy gaan kyk ons bly in so ‘n gebroke wêreld so as jy kan rebeleer teen dit en actually ‘n verskil kan maak.

M/Tempel: As julle julle genre ‘n interessante naam kon gee wat sou dit wees?

WJ- Ek sou sê soos Afrikaans Happy-Core.  Dis ‘n mix tussen Afrikaans en ‘n sterk hardcore vibe. Alhoewel dit harde musiek is probeer ons dit positief te hou.

F.C. en Hannes het later in geskakel. Die volgende vraag was spesiaal vir hulle.

M/Tempel: Het julle in ander bands gespeel voor julle  DMR gejoin het? 

F.C.- Hannes het in ‘n ander band gespeel, Kiss For Goodbye, hy was hulle lead guitarist. Dit was so vyf jaar lank, toe raak hy gatvol daarvoor en toe het hy daaruit beweeg. Daar het dinge ook gebeur in sy lewe, lewens besluite was nie goed nie. Toe het   ek ,hy,  Henry en 
WJ besluit om ‘n akoestiese band te begin laas jaar, Nugter Lente. Ons het laas jaar Aardklop gespeel, en bietjie geYoof. En daarna het Bernard en Sean die band verlaat. Hannes en Christiaan is broers, en WJ is in ons akoestiese band en toe vra hy my om te kom join.

WJ- Dit was die dag wat ons Oppikoppi toe gery het, en toe vra ek vir FC om ons te join, En Hannes was laasjaar by Aardklop toe ons Moses Metro Man gekyk het, toe vra ek vir Hannes.

Hannes- Ek het lank uitgestel want jy moet besef wat dit beteken om in ‘n band te wees. Mens moet ‘n doel in die band kan hê. Ek het lank en hard gedink daar oor maar toe kon ek nie langer nee se vir die oulike en mooi gesigte nie.

M/Tempel: Hoe was daai bands se sound in vergelyking met DMR s’n?

F.C.- Nogals baie love songs, omdat dit akoestiese musiek was.

Hannes- Nee, nee net lente.

M/Tempel: Maar wat van Kiss For Goodbye?

Hannes- Kiss For Goodbye is meer ‘n punk- Mayday Parade tipe vibe.

WJ- Ek dink almal se eerste band is n tipiese skool punk band.

M/Tempel: Het julle julle musiek verander sedert rockspaaider?

WJ- Ek sal nie sê ons hele genre het verander nie, ons vibe het verander en die genre het bietjie verander. Ons ou band was progressive en ook punkerig. Vandat F.C. en Hannes in gekom het het ons ‘n harder sound gekry. Dit het meer “volwasse” musiek geword. Ons het ‘n meer positiewe  vibe gekry. Ons het gevoel ons word negatief net na Rockspaaider, ek kraak glad nie die ou members af nie maar ons het negatief geword en dit is wat ons glad nie wou gehad het nie, so ons het ‘n positiewe verandering  ook gehad.

M/Tempel: As julle nog ‘n instrument in die band kon kry, wat sou dit wees?

F.C.- Cowbell en n klavier

WJ- ‘n Ukulele, daar gaan nog ‘n song in kom met n Ukulele.

Hannes- ‘n Didgeridoo

‘n Uke, Cowbell, Klavier en Didgeridoo. Dis te hardcore.

M/Tempel: Wat sal julle op 'n tiepiese saterdag aand doen?
  • Gig!!
  • Mense spam op facebook (dit was gemik op WJ)
  • ‘n Romantiese ete saam met jou meisie.
  • Party op Aandklas se tafels!
WJ- As ons nou nie die gig ding wil doen nie, en almal van ons het nie 'n meisie nie…so as mens almal uit kanseleer bly Aandklas se tafels oor.

Ek hoop ‘n paar meisies het daai raak gelees. 

F.C.- Ek sny in die oggende gras, so ek sou geslaap het.

M/Tempel: Hoe was dit om julle eerste paar likes te kry op facebook?

F.C.- Dit voel asof mense jou raak sien.

WJ- Dit is nogals ‘n groot gvoel. Dit is soos, as jy nou net die toilet begin gebruik, jy weet, jy’s klaar gepottie train. Dit is daai tiepe gevoel. Jy't sukses behaal.

M/Tempel: Die nuwe EP, is dit opgeneem saam met Bernard of die nuwe rebelle?

WJ- Ons ses track EP Leemte van Verwarring is saam met Bernard en Sean gerecord en die nuwe single is met F.C en Hannes gerecord. Ons beplan om 'n full length album volgende jaar te maak.

M/Tempel: Waar sien julle julself oor 3 jaar?

WJ- In die spieёl.

F.C.- Die ander gaan seker op Universiteit wees, en ek en Hannes seker verloof, met 'n werk en ons kar afbetaal en al daai goed afbetaal.

Werk, trou en kinders kry en moontlik dan aan depressie lei. Iemand moet vra hoekom!

WJ- Hopelik nog op die stage.

F.C.- Ons almal nog saam en nog lewendig, en ons hoop om daai tyd nogsteeds by die selfde vibes en die selfde boodskap oor te dra. En nie grootkop te kry nie.

Hannes- As ek net eendag kan weet dat ek ‘n positiewe invloed op mense gehad het dan sal ek baie gelukkig wees.

Awww.

M/Tempel: Waarna kan DMR fans uitsien die jaar?

F.C.- Nog meer music videos!

WJ – Wel die eerste een  wat nou gaan launch, hy is klaar by MK so hy behoort oor ‘n week of twee  op MK wees, hy sal ook teen die tyd wat julle die interview lees op die internet wees. Maar defnitief ‘n single voor die einde van die jaar en ‘n music video ook.

M/Temple: Hier’s ‘n vraag van ‘n fan af!
Het die band uitgedraai soos wat julle gehoop het dit gaan?

WJ- Ek sal sê toe ek die band lewe betree het toe ek veertien was het ek soos hierdie prentjie gehad oor 'n band , en ek kan nou sê hierdie prentjie is presies so.

M/Tempel: so die derde plek in Rockspaaider speel nie eintlik ‘n rol nie?

WJ- Dit het verseker ‘n rol gespeel om te wees waar ons vandag is, maar met die twee nuwe lede, sal ek sê dit is my ideale band.

F.C.- On gaan probeer om harder en beter musiek te skryf en so.

Hannes- Ons is almal goeie vriende vir jare lank al.

WJ-Ons almal se doel en visie is dieselfde.

M/Tempel: So die lekkerste gig wat julle gehad het of gaan hê?

F.C.- Vanaand hier.

M/Tempel: Wat van Oppikoppi die jaar?

WJ- Hopelik ja, maar die fans moet eers vote asseblief, gaan net na Oppikoppi se page op Facebook en dan gaan vote julle daar.

Doen dit, kyk hoe mooi vra WJ.

M/Tempel: Wat is julle verwagtinge en hoop vir vannaand se EP/video launch?

F.C.- Ons hoop net mense verwelkom dit en sien net hoe ons verander het , en net verstaan  waaroor dit gaan.

WJ- As hier meer as vyf mense is sal ek  gelukkig wees.

F.C.- Dit gaan net oor om ons passie uit te lewe en musiek te maak al is net jy hier.

WJ- Al is hier net  100 mense en twee stap  hier uit en ons weet ons musiek het n verskil in die persoon se lewe gemaak ,dan is ons bly.

Hannes- Hulle se mos dit is net so humble om voor vyf mense te speel soos wat dit is om voor 'n 1000 mense te speel, en dit moet die selfde performance wees.. so daar is groot verwagtinge vir vanaand.

Wel, dit was Lucia (Tempel) se interview met DIE MISLUKTE REBELLIE. Ons hoop julle het dit geniet, kyk uit vir die music video op Youtube en binnekort op MK. En onthou om vir hulle te vote op Oppikoppi se Facebook page. Vrede vreemdelinge.

No comments:

Post a Comment