Miané het bietjie saam Marco en Morné (die bassist en guitarist van Captains of Happenstance) gaan kuier om meer uit te vind oor die Captains wat ons so lekker serenade met awesome sounds, awesome vibes, en meisies hulle is lekker sag op die oog.
M/Tempel: Beskryf vir ons julle genre?
Morné: Acoustic alternative, pretty chilled vibes.
M/Tempel: Hoe het julle bymekaar gekom?
Morné: Moer Random storie actually, ek en Marco swot nou in dieselfde rigting. Toe is ons soos hey, Marco speel bass en Morne speel kitaar, kom ons jam bietjie . Ons het by ‘n random parkie uitgekom en begin speel net om te besef hierdie shit is actually cool.
M/Tempel: So hoe het julle by julle naam uitgekom, dit is so awesome maar waar kom dit vandaan?
Marco: Ons het random woorde gaan google om ‘n naam te kry vir die band, toe kom ons by happenstance uit wat beteken chance-en dit pas baie by ons storie.
Hierdie volgende vraag is vir die meisies..of dudes ook as jy into daai sort of shit is!
M/Tempel: Watse tipe meisies dig julle?
Morné: Sy moet kind of soos Miané wees.
Miané lag en bloos ‘n bietjie.
Ag, ek weet nie ek is baie laid back as dit kom by meisies.
Marco: Vir my is persoonlikheid belangrik, ek het nie n spesifie smaak in meisies nie.
M/Tempel: So dit maak nie saak of jy baie lelik is nie meisies want Marco soek jou persoonlikheid.
M/Tempel: Is meeste van julle fans vriende of randoms?
Marco: In die begin was dit ons vriende maar onlangs is daar random mense wat ons shit begin like.
M/Tempel: Enige random/funny shit wat al met julle in studio gebeur het?
Marco: Daar is al n paar…
Morné: Ons het voor ons studio toe gegaan het om ons song Stop, DROP and Roll te gaan record ;n paar brannewyntjies in gehad . En toe ek die vocals record het ek perongeluk stop, DOP, and roll. Dit was bad.
M/Tempel: Wat dink julle van die musiek wat mense deesdae luister?
Morné: Ek het nie eintlik n opinie nie, ek sal nie mense judge vir wat hulle luister nie want dit is musiek, en musiek is belangrik.
M/Tempel: So julle lyrics, kom daai woorde uit experience uit?
Morné: Die diep en emotional songs kom van experiences af, maar die ander goed wat ons skryf is meer inspiration van nature af, ons is nou nie hippies of kak nie maar dit is net chilled.
M/Tempel: Elke rockstar het hierdie droom van sex, drugs & rock ‘n roll. Wat’s meer belangrik? Die image of die musiek?
Marco: Vir my sal dit die lekkerste wees as ek in die bar in stap, gaan sit, en ‘n whiskey drink en my musiek hoor en sien mense sing saam en hou van wat hulle hoor.
Dis ongelukkig al wat ons oor die Captains het maar gaan check hulle uit op Facebook hulle songs is available vir download. Ons se ook baie dankie vir Micha, Morné, en Marco vir al hulle nudity en moeite. Ek hoop hulle rock jou boat soos wat hulle ons s’n het. Vrede vir altyd.
No comments:
Post a Comment