Liefde Wen is all over the place deesdae, vertel ons
bietjie meer van die projek?
Liefde Wen
is ‘n non -profit organisasie wat ek het, ek gebruik nou meestal die bands om
dit te bemark. Die plan is om maandeliks ‘n liefdadigheidsprojek te doen wherever
daar need is.
Hoe kan mense wat nie merch wil koop nie betrokke raak?
Ons
gebruik maar net die merchandise om die naam uit te kry, mense kan pretty
much maar net die goed op Facebook en Twitter volg om te sien wanneer daar weer
‘n projek is.
Jy het ‘n baie suksesvolle
loopbaan hier beet- hoe dink jy het jy gegroei vanaf die begin van Straatligkinders
tot nou met jou solo career?
Ons het Straatligkinders
begin toe ons studente was, ons was baie arrogant en ons het die mindset gehad van ons is ‘n cool jong band, ons gaan
songs skryf en hoor wie like dit. Dit het dit het gewerk daai tyd, ek dink die
mark het verander. Ek dink mense soek quality songs deesdae. Ons- en ek as persoon
doen nou baie meer moeite met liedjies.
Hoe sad is jy dat Underoath opgebreek het?
Ja ek is sad. Ons het nog saam hulle getoer, dit was so amazing! Ons het hulle gevat vir ‘n rugby game dit was nog die Sharks teen die Leeus. Toe ons klaar getoer het, kon ek nie meer na hulle luister nie. Ek het ‘n groot loser geword en ek luister nou net hip-hop.
Hoekom het jy besluit om solo te gaan?
Toe Straatligkinders
‘n breek vat, moes ek iets kry om my aan die gang te hou, en ek het al hierdie
songs gehad wat net in my library gelê het wat ek net wou uit kry, en ek het
die awesome voorreg om musiek te kan maak. Ek dink nou dat dit ‘n goeie ding
was om in ‘n ander band te wees. So die plan was om ‘n solo ding te doen om my
aan die lewe te hou. Dans Dans Lisa het nogsteeds full on aan gehou. Ons record
volgende jaar die nuwe album(DDL) en Straatligkinders se album is onlangs uit.
So die plan was maar net om die songs uit te kry, ek sien nie myself as die
volgende Steve of Bobby nie, ek is net ‘n dude wat songs skryf. Ek sal myself altyd so sien, en ek het die
awesome voorreg om in twee kickass bands te wees.
As jou snor ‘n superhero was, wat sou sy naam gewees
het, en waste superpowers sou hy gehad het?
Ek dink sy
naam sou Moustachio Man gewees het , en hy sou al die mense se frowns in smiles
in verander.
(Gewone snorre doen dit ook)
In Beeld het jy ‘n artikel geskryf wat ‘n paar mense
bietjie upset het, hoe het jy die virtual fires dood geslaan?
Ek doen
dit al vir sewe jaar so jy moet maar ‘n harde vel ontwikkel, daai mense se opinies is net so
belangrik soos myne. Dit wat hulle gesê het maak totally sin, en die goed wat
ek gesê het maak ook sin. Die plan van daai berig om afrikaanse musiek te tune
was nooit persoonlik bedoel nie, dit was nooit op iemand spesifiek gemik nie.
Dit was maar ‘n 'tong in die kies' berig.
Wat is jou gunstelling roomys?
Sjokolade!
(Bouwer was baie entoesiasties oor daardie vraag)
Sou jy se dit was ‘n goeie besluit om Pretoria toe te
trek?
Ja
totally, ek glo jy moet jou self omring met mense beter as jy anders gaan jy
nooit beter raak in wat jy doen nie, nie dat Potch enige crap bands het nie. Ek
wil nie net musiek doen nie, ek hou baie van die video werk en die hele online
blogging idee (soos ons) en daar is
net beter vibes in Pretoria as dit kom by Afrikaans.
Wat maak die nuwe Straatligkinders album beter as die
ander?
Dit is
baie meer afgerond, ons het ook baie meer tyd spandeer aan die skryf proses.
Voor dit het ons maar die songs geskryf en gehoop en bid dat iemand daarvan sal
hou. Hierdie keer het ons dit baie mooi beplan want ons musiek is ons
besigheid, ons verkoop songs.
As jy saam met enige local popsanger kon colab, wie sou
jy kies?
Wasserval,
ek is ‘n groot fan van hulle.
Wat is jou gunsteling liedjie om op te tree?
My ekskuus. Dt is die song waarop ek die trotste is, dit is ‘n super cheesy love song
maar dit het baie sentimentele waarde . Dit is geskryf in ‘n super klein
kamertjie in ‘n studente huis waar ek gebly het die storie agter dit is net
belaglik.
Waarna kan die fans uitsien?
Die live
shows gaan lekker wees. Ons gaan nuwe dinge uitprobeer. En dan natuurlik die
nuwe Straatligkinders album “Konings met Verskonings”.
Website - www.Bouwebosch.co.za
Twitter- https://twitter.com/BouwerBosch
Facebook Page- www.facebook.com/bouwerbosch
Foto- Kikitography
Nuutste video deur Blimpfilms - http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=YEzUSzVLhUs
.jpg)