Wednesday, 7 November 2012

Bouwer Bosch




Liefde Wen is all over the place deesdae, vertel ons bietjie meer van die projek?

Liefde Wen is ‘n non -profit organisasie wat ek het, ek gebruik nou meestal die bands om dit te bemark. Die plan is om maandeliks ‘n liefdadigheidsprojek te doen wherever daar need is.

Hoe kan mense wat nie merch wil koop nie betrokke raak?

Ons gebruik maar net die merchandise om die naam uit te kry, mense kan pretty much maar net die goed op Facebook en Twitter volg om te sien wanneer daar weer ‘n projek is.

Jy het ‘n baie suksesvolle loopbaan hier beet- hoe dink jy het jy gegroei vanaf die begin van Straatligkinders tot nou met jou solo career?

Ons het Straatligkinders begin toe ons studente was, ons was baie arrogant  en ons het die mindset gehad van ons is ‘n cool jong band, ons gaan songs skryf en hoor wie like dit. Dit het dit het gewerk daai tyd, ek dink die mark het verander. Ek dink mense soek quality songs deesdae. Ons- en ek as persoon doen nou baie meer moeite met liedjies.

Hoe sad is jy dat Underoath opgebreek het?


Ja ek is sad. Ons het nog saam hulle getoer, dit was so amazing! Ons het hulle gevat vir ‘n rugby game dit was nog die Sharks teen die Leeus. Toe ons klaar getoer het, kon ek nie meer na hulle luister nie. Ek het ‘n groot loser geword en ek luister nou net hip-hop.

Hoekom het jy besluit om solo te gaan?

Toe Straatligkinders ‘n breek vat, moes ek iets kry om my aan die gang te hou, en ek het al hierdie songs gehad wat net in my library gelê het wat ek net wou uit kry, en ek het die awesome voorreg om musiek te kan maak. Ek dink nou dat dit ‘n goeie ding was om in ‘n ander band te wees. So die plan was om ‘n solo ding te doen om my aan die lewe te hou. Dans Dans Lisa het nogsteeds full on aan gehou. Ons record volgende jaar die nuwe album(DDL) en Straatligkinders se album is onlangs uit. So die plan was maar net om die songs uit te kry, ek sien nie myself as die volgende Steve of Bobby nie, ek is net ‘n dude wat songs skryf.  Ek sal myself altyd so sien, en ek het die awesome voorreg om in twee kickass bands te wees.

As jou snor ‘n superhero was, wat sou sy naam gewees het, en waste superpowers sou hy gehad het?

Ek dink sy naam sou Moustachio Man gewees het , en hy sou al die mense se frowns in smiles in verander.

(Gewone snorre doen dit ook)

In Beeld het jy ‘n artikel geskryf wat ‘n paar mense bietjie upset het, hoe het jy die virtual fires dood geslaan?

Ek doen dit al vir sewe jaar so jy moet maar ‘n harde vel  ontwikkel, daai mense se opinies is net so belangrik soos myne. Dit wat hulle gesê het maak totally sin, en die goed wat ek gesê het maak ook sin. Die plan van daai berig om afrikaanse musiek te tune was nooit persoonlik bedoel nie, dit was nooit op iemand spesifiek gemik nie. Dit was maar ‘n 'tong in die kies' berig.

Wat is jou gunstelling roomys?

Sjokolade!

(Bouwer was baie entoesiasties oor daardie vraag)

Sou jy se dit was ‘n goeie besluit om Pretoria toe te trek?

Ja totally, ek glo jy moet jou self omring met mense beter as jy anders gaan jy nooit beter raak in wat jy doen nie, nie dat Potch enige crap bands het nie. Ek wil nie net musiek doen nie, ek hou baie van die video werk en die hele online blogging idee (soos ons) en daar is net beter vibes in Pretoria as dit kom by Afrikaans.

Wat maak die nuwe Straatligkinders album beter as die ander?

Dit is baie meer afgerond, ons het ook baie meer tyd spandeer aan die skryf proses. Voor dit het ons maar die songs geskryf en gehoop en bid dat iemand daarvan sal hou. Hierdie keer het ons dit baie mooi beplan want ons musiek is ons besigheid, ons verkoop songs.

As jy saam met enige local popsanger kon colab, wie sou jy kies?

Wasserval, ek is ‘n groot fan van hulle.

Wat is jou gunsteling liedjie om op te tree?

My ekskuus. Dt is die song waarop ek die trotste is, dit is ‘n super cheesy love song maar dit het baie sentimentele waarde . Dit is geskryf in ‘n super klein kamertjie in ‘n studente huis waar ek gebly het die storie agter dit is net belaglik.

Waarna kan die fans uitsien?

Die live shows gaan lekker wees. Ons gaan nuwe dinge uitprobeer. En dan natuurlik die nuwe Straatligkinders album “Konings met Verskonings”.




Foto- Kikitography

Nuutste video deur Blimpfilms - http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=YEzUSzVLhUs


Monday, 27 August 2012

Part Time Pirates



We had a chat with these talented pirates about their unique sound and style. Enjoy lads.

So you guys started out in 2006 as a two man band, and in March 2011 added two other members, what made you decide to add more members? 

The Time was right to expand and grow and bring other elements in to our music, sound, effectiveness and productivity as well.

You have a wide range of influences from Bob Marley to Van Coke Kartel, how do these artists contribute to your pirate-ish vibe? 

We are five in the band and each one brings his own influence which gives us our wide variety of genres, so when we write, we write our music together to create our unique sound.

Where do you see yourself in 10 years? 

World Tours under the belt and at least to be known in South Africa and the rest of the world.

What do you guys do when you’re not sailing the seas?

Adriaan the drummer: Owns a recording studio and works.
Kyle the vocalist: Owns his own company Marking & Design.
Heyden guitarist: Teaches guitar and works in studio.
Matthew bassist: Studying Electrical Engineering.

In a world where pop and rock are flooding the industry you decided to take on a more unique type of genre, does that influence your success in any way? 

Yes it is difficult but worth it .

What makes being a pirate awesome?

Not to have a care and rum!

Do you guys have pirate nicknames? (If you do please share with us) 

Hahahaha yes we do: Adriaan Long Beard, Hadley Fingers, Captain Charlie Blackstone, and Matt is Matt.

Tell us more about the album you recorded earlier this year, and what we can expect? 

It will blow your mind away and it's free! Have a listen!!

What can PTP fans look forward to this year? 

Mind blowing tour and some big gigs happening and maybe a music video or three coming soon!!

We heard that Kyle is into boxing, apart from being a great vocalist does he also kick ass? 

Hahahahahaha, we also heard this but the truth is he attacks his own shadow. 

Tuesday, 15 May 2012

Abandon Ship!



Abandon Ship! Is ‘n 1 man band, en jy is ook ‘n member van Alan let’s move on! Wat het jou laat besluit om ‘n solo side project te begin?
    
Ek skryf nogal baie liedjies, en omdat Alan let’s move on! ‘n electro tipe  band is kan ek meeste van dit nie gebruik vir Alan nie. So dis      basically maar al die liedjies wat ek nie vir Alan kan gebruik nie.


Waar kom die naam Abandon Ship! Vandaan

Dit kom uit een van my liedjies uit, die liedjie se naam is Cock Meat Sandwich

Very classy.
Waar kry jy jou inspirasie vir meeste van jou songs?

Ek weet  nie, ek lees maar boeke en skryf dan die liedjies. So daar is nie regtig iets diep daaraan nie haha.

As jy enige plek kon gig waar sou dit wees en hoekom?

Daar’s ‘n festival oorsee genoem All Tomorrow’s Parties, hulle kies dan ‘n album en dan perform jy net daai album.

Dis ‘n  next level fest mense.

Wie’s van jou favourite artists op die oomblik?

Bright Eyes, hy was maar nog altyd. Hy’s die coolste lyricist en ek hou van sy stories. Hy’s ook super country maar hy lyk nie so nie, hy fit nie in daai stereotype in nie.

Wat dink jy van S.A. se indie/folk  scene?

In my opinie is daar nie een nie, want dis shit!

Agreed.

As jy saam enige artist in die wêreld kon toer wie sou dit wees en watse crazy shit sal jy op toer wil doen?

Saam The Velvet Underground, en ek sal Speed doen haha.

Se nou maar jou skip sink en jy gebruik die ‘abandon ship’ metode om jouself te red en jy’s stranded op ‘n eiland, saam wie sal jy wil stranded wees en hoe sal julle survive?

J.D. Salinger, ons sal mekaar eet en van mekaar se karkasse af lewe.

Jy weet mens kan net van coconuts af lewe Louis.

So ons almal weet dis moeilik om jouself te bemark in SA se music scene, wat’s jou marketing strategies of hoe kry jy Abandon Ship! se naam out there?

Ek doen nie eintlik nie haha, ek gebruik maar Facebook en Twitter.

Wat doen jy as jy nie awesome musiek maak nie?

Ek gee skool of swot sielkunde.

Dis so hardcore.

So, die jeug het deesdae ‘n nuwe ‘stereotipe’ genoem “die hipster” wat verstaan jy van die term ‘hipster’ of wat sal jy sê is ‘n hipster?

Hipsters is mense wat van enige iets sal hou, maak nie saak hoe shit dit is nie net solank dit nie bekend is nie. Hulle is lelike mense wat nogsteeds seks kry.

No Hipsters were hurt during this interview.

Baie dankie Louis vir die lift en die lassie by die hek. O ja en dankie vir die interview.
Kry Abandon Ship! op Facebook of Twitter. And remember to go folk yourself.
http://www.facebook.com/pages/Abandon-Ship/236969831119
https://twitter.com/#!/Abandon_ShipSA

Tuesday, 6 March 2012

Sliffy McDisko



Dit was ‘n Saterdagaand, M van die Tempel het die donker  waters van Schivas Rock Pretoria ingevaar saam haar twee blonde sidekicks om die dudes van Sliffy McDisko te interview, lees bietjie verder aan om meer uit te vind oor Sliffy en hulle wild adventures.

M/Tempel: Baie geluk met die nuwe demo, hoekom het dit julle so lank gevat om ‘n nuwe een te release?

Duane: Wel die ou ene het ons nie release nie, want ons het nie gedink dis goed genoeg nie haha. En toe tussen in was daar ‘n 8 maande breuk ook nog gewees maar toe ons in November laasjaar weer begin het toe record ons al in Desember weer, so dit het nie eintlik so lank gevat nie haha.

M/Tempel: Wie skryf die songs en wat inspire jou/julle?

Ewald: Ek en Duane, maar deesdae is dit meer soos ‘n groep ding en wat ons inspire is bands soos Queens of The Stone Age, MGMT, en defnitief The Strokes.

Werner:  Ek dink dis mainly personal experiences ook.

M/Tempel: Waar kom julle aan die random song titles, soos byvoorbeeld Purple Paper Petting Zoo?

Ewald: Rowwe aande, Duane het verdwyn.

M/Tempel: Beskryf die target audience vir die demo?

Duane: Enige fucking jong mense, ons weet nie rerag nie hahaha

Ewald: Enige iemand eintlik, as jy dit dig is dit awesome.

Duane: Meeste stoners love ons musiek haha.

Miskien omdat dit baie trippy shit is wat ‘n ‘feel good’ vibe skep.
M/Tempel: Wat wil julle hê moet mense voel of experience as hulle na julle musiek luister?

Duane: Dans en Hoendervleis haha.

Ewald: Goeie antwoord ou.

M/Tempel: So julle ouens het shows lined up in Potch, Pretoria, Boksburg en vele meer, as julle ‘n tour bus gehad het hoe sou hy lyk en watse crazy shit sal op die bus gebeur?

Duane: Vol meisies en onderklere.

Ewald: Magnums en kerse.

Duane: Sigarette en drank oh en dit sal baie deurmekaar wees.
Ja, ‘n deurmekaar tour bus met magnums en kerse is enige meisie se droom.

Duane: Maar ek en Ewald bly alklaar eintlik in sy kar, dis ons huis.

Ewald: Ons het ‘n rooi huis op wiele.

Hopelik was julle hom gereeld dudes.
M/Tempel: Hoe het julle met die naam Sliffy McDisko opgekom?

Duane: Ons het so wilde aand daar by cool runnings in Melville gehad, en daar was like hierdie mannetjie geverf teen die muur en hy staan toe met ‘n bordjie waarop daar staan “Sliffy” en my nickname in die ander band (Die Droom Proses) was iets te doen met disco, toe sê  Ewald hy dig dit en ons moet Mac in sit want dis die enigste woord wat daai shit kan combine….

Ewald: Ons hou van McDonalds en dans ook.

Duane: Ja dis pretty much maar baie random. 

Random, kreatief en baie catchy. 
M/Tempel: Julle het een Afrikaanse song op die demo, dink julle julle sal in die toekoms meer Afrikaanse treffers skryf?

Duane: Ons het actually ‘n nuwe een, “hierdie outjies fok my op” hy’s baie fun maar ek weet nog nie of daai die working  title gaan wees nie maar ons sal maar sien.

Wie sou nou ooit kon dink dat outjies die mighty Sliffy kan opfok?
M/Tempel: Hoe het dit gevoel om ‘n verhoog te deel met 3 van S.A. se grootste bands (Zebra and Giraffe, Dance! You’re on fire, en Shadowclub)

Ewald: Dit was die beste experience ooit en hulle is almal fucking awesome, ja dit was die beste. En ‘n moerse eer.

M/Tempel: Het julle al ooit ‘n random groupie attack of invasion gehad?

Duane: Nee ons het nog nooit rerig ‘n hetero sexual groupie attack gehad nie.

Werner: Ek hoop dit gebeur haha.

Ewald: Ja nee hopelik binnekort, fok ek kan nie wag nie.

Meisies, moenie skaam wees nie, hulle is sexy mannetjies hoor.

Tyd vir ‘n lekker pop quiz voor ons cheers!
  • Watse era staan bekend as die disco era?
A: 1960’s when music was at it’s best
B: 1980’s when mullets ruled the wold 
C:1970’s when the Stretch Armstrong action figure hit the stores
D: 2011 the year indie killed emo

Random dronk ou in die agtergrond se antwoord: 1960’s

Sliffy se antwoord: 1970’s

Regte antwoord: 1970’s
  • Sliffy is the oldest son, Sliffy’s father has 4 sons, what’s the first son’s name?

Sliffy se antwoord:  Na ‘n rukkie het hulle by Sliffy uitgekom

Regte antwoord:  Sliffy

M van die Tempel kon nie daai ene uit figure nie
  • Hoe baie spieёltjies het ‘n average sized disco ball?

Sliffy se antwoord:  1000, uhm 1016, 500, 600, 900

Regte Antwoord:  Niemand weet eintlik nie want jy raak confused as jy dit probeer tel.

Ons praat uit ervaring uit.
  • Wat gebeur as jy ‘n lightsaber in water sit?

Sliffy se antwoord: Bad karma gebeur.            

Regte Antwoord: Ons het regtig gehoop hulle weet, ons weet glad nie…

Don’t let their faces fool you, hierdie band is nogals slim…
M/Tempel: En die laaste vragie, waarvoor kan Sliffy fans uitsien?

Ewald: Ons wil ‘n album record en ‘n nasionale toer organize, en nog ‘n video ook. Dit sal awesome wees as dit kan gebeur. Ons gaan ons bes probeer haha.

So dudes en nie dudes, dit was Sliffy McDisko gewees. Hulle demo is by al hulle gigs beskikbaar en mens kan hom download op sound cloud. Die drummer (Albert) was by die interview ons belowe. Vir meer details kan jy hulle facebook page gaan check! Tot later maats..




Tuesday, 14 February 2012

Die Mislukte Rebellie

Lucia gesels bietjie met die rebellie wat misluk het by Café Barcelona voor hulle video launch.

M/Tempel: Weet julle dat julle band naam in Fokofpolisiekar lirieke verskyn?

F.C.- Regtig? 

WJ- Ja, dit was net toe ons die band begin het, Bernard ons heel eerste vocalist van die band, dit was  oorspronklik sy idee, toe het ons besluit om dit te verdraai en te se die Mislukte Rebellie maar ons weet nie  wat Fokofpolisikar daai tyd daarmee bedoel het nie maar wat ons ons daarmee bedoel is dat ons is juis nie “rebels” is nie, omdat ons die Mislukte Rebellie is. Ons het probeer rebeleer soos wat baie mense doen, maar ons kon dit nie reg kry nie.

Hannes-As jy gaan kyk Jesus was ook as 'n rebel gesien. Ek is 'n christen en ek wil n positiewe boodskap oordra, ek wil hoop bring in ‘n wereld waar daar nie hoop is nie. Dit is partykeer goed om om ‘n bietjie die rebel te wees, want as jy gaan kyk ons bly in so ‘n gebroke wêreld so as jy kan rebeleer teen dit en actually ‘n verskil kan maak.

M/Tempel: As julle julle genre ‘n interessante naam kon gee wat sou dit wees?

WJ- Ek sou sê soos Afrikaans Happy-Core.  Dis ‘n mix tussen Afrikaans en ‘n sterk hardcore vibe. Alhoewel dit harde musiek is probeer ons dit positief te hou.

F.C. en Hannes het later in geskakel. Die volgende vraag was spesiaal vir hulle.

M/Tempel: Het julle in ander bands gespeel voor julle  DMR gejoin het? 

F.C.- Hannes het in ‘n ander band gespeel, Kiss For Goodbye, hy was hulle lead guitarist. Dit was so vyf jaar lank, toe raak hy gatvol daarvoor en toe het hy daaruit beweeg. Daar het dinge ook gebeur in sy lewe, lewens besluite was nie goed nie. Toe het   ek ,hy,  Henry en 
WJ besluit om ‘n akoestiese band te begin laas jaar, Nugter Lente. Ons het laas jaar Aardklop gespeel, en bietjie geYoof. En daarna het Bernard en Sean die band verlaat. Hannes en Christiaan is broers, en WJ is in ons akoestiese band en toe vra hy my om te kom join.

WJ- Dit was die dag wat ons Oppikoppi toe gery het, en toe vra ek vir FC om ons te join, En Hannes was laasjaar by Aardklop toe ons Moses Metro Man gekyk het, toe vra ek vir Hannes.

Hannes- Ek het lank uitgestel want jy moet besef wat dit beteken om in ‘n band te wees. Mens moet ‘n doel in die band kan hê. Ek het lank en hard gedink daar oor maar toe kon ek nie langer nee se vir die oulike en mooi gesigte nie.

M/Tempel: Hoe was daai bands se sound in vergelyking met DMR s’n?

F.C.- Nogals baie love songs, omdat dit akoestiese musiek was.

Hannes- Nee, nee net lente.

M/Tempel: Maar wat van Kiss For Goodbye?

Hannes- Kiss For Goodbye is meer ‘n punk- Mayday Parade tipe vibe.

WJ- Ek dink almal se eerste band is n tipiese skool punk band.

M/Tempel: Het julle julle musiek verander sedert rockspaaider?

WJ- Ek sal nie sê ons hele genre het verander nie, ons vibe het verander en die genre het bietjie verander. Ons ou band was progressive en ook punkerig. Vandat F.C. en Hannes in gekom het het ons ‘n harder sound gekry. Dit het meer “volwasse” musiek geword. Ons het ‘n meer positiewe  vibe gekry. Ons het gevoel ons word negatief net na Rockspaaider, ek kraak glad nie die ou members af nie maar ons het negatief geword en dit is wat ons glad nie wou gehad het nie, so ons het ‘n positiewe verandering  ook gehad.

M/Tempel: As julle nog ‘n instrument in die band kon kry, wat sou dit wees?

F.C.- Cowbell en n klavier

WJ- ‘n Ukulele, daar gaan nog ‘n song in kom met n Ukulele.

Hannes- ‘n Didgeridoo

‘n Uke, Cowbell, Klavier en Didgeridoo. Dis te hardcore.

M/Tempel: Wat sal julle op 'n tiepiese saterdag aand doen?
  • Gig!!
  • Mense spam op facebook (dit was gemik op WJ)
  • ‘n Romantiese ete saam met jou meisie.
  • Party op Aandklas se tafels!
WJ- As ons nou nie die gig ding wil doen nie, en almal van ons het nie 'n meisie nie…so as mens almal uit kanseleer bly Aandklas se tafels oor.

Ek hoop ‘n paar meisies het daai raak gelees. 

F.C.- Ek sny in die oggende gras, so ek sou geslaap het.

M/Tempel: Hoe was dit om julle eerste paar likes te kry op facebook?

F.C.- Dit voel asof mense jou raak sien.

WJ- Dit is nogals ‘n groot gvoel. Dit is soos, as jy nou net die toilet begin gebruik, jy weet, jy’s klaar gepottie train. Dit is daai tiepe gevoel. Jy't sukses behaal.

M/Tempel: Die nuwe EP, is dit opgeneem saam met Bernard of die nuwe rebelle?

WJ- Ons ses track EP Leemte van Verwarring is saam met Bernard en Sean gerecord en die nuwe single is met F.C en Hannes gerecord. Ons beplan om 'n full length album volgende jaar te maak.

M/Tempel: Waar sien julle julself oor 3 jaar?

WJ- In die spieёl.

F.C.- Die ander gaan seker op Universiteit wees, en ek en Hannes seker verloof, met 'n werk en ons kar afbetaal en al daai goed afbetaal.

Werk, trou en kinders kry en moontlik dan aan depressie lei. Iemand moet vra hoekom!

WJ- Hopelik nog op die stage.

F.C.- Ons almal nog saam en nog lewendig, en ons hoop om daai tyd nogsteeds by die selfde vibes en die selfde boodskap oor te dra. En nie grootkop te kry nie.

Hannes- As ek net eendag kan weet dat ek ‘n positiewe invloed op mense gehad het dan sal ek baie gelukkig wees.

Awww.

M/Tempel: Waarna kan DMR fans uitsien die jaar?

F.C.- Nog meer music videos!

WJ – Wel die eerste een  wat nou gaan launch, hy is klaar by MK so hy behoort oor ‘n week of twee  op MK wees, hy sal ook teen die tyd wat julle die interview lees op die internet wees. Maar defnitief ‘n single voor die einde van die jaar en ‘n music video ook.

M/Temple: Hier’s ‘n vraag van ‘n fan af!
Het die band uitgedraai soos wat julle gehoop het dit gaan?

WJ- Ek sal sê toe ek die band lewe betree het toe ek veertien was het ek soos hierdie prentjie gehad oor 'n band , en ek kan nou sê hierdie prentjie is presies so.

M/Tempel: so die derde plek in Rockspaaider speel nie eintlik ‘n rol nie?

WJ- Dit het verseker ‘n rol gespeel om te wees waar ons vandag is, maar met die twee nuwe lede, sal ek sê dit is my ideale band.

F.C.- On gaan probeer om harder en beter musiek te skryf en so.

Hannes- Ons is almal goeie vriende vir jare lank al.

WJ-Ons almal se doel en visie is dieselfde.

M/Tempel: So die lekkerste gig wat julle gehad het of gaan hê?

F.C.- Vanaand hier.

M/Tempel: Wat van Oppikoppi die jaar?

WJ- Hopelik ja, maar die fans moet eers vote asseblief, gaan net na Oppikoppi se page op Facebook en dan gaan vote julle daar.

Doen dit, kyk hoe mooi vra WJ.

M/Tempel: Wat is julle verwagtinge en hoop vir vannaand se EP/video launch?

F.C.- Ons hoop net mense verwelkom dit en sien net hoe ons verander het , en net verstaan  waaroor dit gaan.

WJ- As hier meer as vyf mense is sal ek  gelukkig wees.

F.C.- Dit gaan net oor om ons passie uit te lewe en musiek te maak al is net jy hier.

WJ- Al is hier net  100 mense en twee stap  hier uit en ons weet ons musiek het n verskil in die persoon se lewe gemaak ,dan is ons bly.

Hannes- Hulle se mos dit is net so humble om voor vyf mense te speel soos wat dit is om voor 'n 1000 mense te speel, en dit moet die selfde performance wees.. so daar is groot verwagtinge vir vanaand.

Wel, dit was Lucia (Tempel) se interview met DIE MISLUKTE REBELLIE. Ons hoop julle het dit geniet, kyk uit vir die music video op Youtube en binnekort op MK. En onthou om vir hulle te vote op Oppikoppi se Facebook page. Vrede vreemdelinge.