Wednesday, 7 November 2012

Bouwer Bosch




Liefde Wen is all over the place deesdae, vertel ons bietjie meer van die projek?

Liefde Wen is ‘n non -profit organisasie wat ek het, ek gebruik nou meestal die bands om dit te bemark. Die plan is om maandeliks ‘n liefdadigheidsprojek te doen wherever daar need is.

Hoe kan mense wat nie merch wil koop nie betrokke raak?

Ons gebruik maar net die merchandise om die naam uit te kry, mense kan pretty much maar net die goed op Facebook en Twitter volg om te sien wanneer daar weer ‘n projek is.

Jy het ‘n baie suksesvolle loopbaan hier beet- hoe dink jy het jy gegroei vanaf die begin van Straatligkinders tot nou met jou solo career?

Ons het Straatligkinders begin toe ons studente was, ons was baie arrogant  en ons het die mindset gehad van ons is ‘n cool jong band, ons gaan songs skryf en hoor wie like dit. Dit het dit het gewerk daai tyd, ek dink die mark het verander. Ek dink mense soek quality songs deesdae. Ons- en ek as persoon doen nou baie meer moeite met liedjies.

Hoe sad is jy dat Underoath opgebreek het?


Ja ek is sad. Ons het nog saam hulle getoer, dit was so amazing! Ons het hulle gevat vir ‘n rugby game dit was nog die Sharks teen die Leeus. Toe ons klaar getoer het, kon ek nie meer na hulle luister nie. Ek het ‘n groot loser geword en ek luister nou net hip-hop.

Hoekom het jy besluit om solo te gaan?

Toe Straatligkinders ‘n breek vat, moes ek iets kry om my aan die gang te hou, en ek het al hierdie songs gehad wat net in my library gelê het wat ek net wou uit kry, en ek het die awesome voorreg om musiek te kan maak. Ek dink nou dat dit ‘n goeie ding was om in ‘n ander band te wees. So die plan was om ‘n solo ding te doen om my aan die lewe te hou. Dans Dans Lisa het nogsteeds full on aan gehou. Ons record volgende jaar die nuwe album(DDL) en Straatligkinders se album is onlangs uit. So die plan was maar net om die songs uit te kry, ek sien nie myself as die volgende Steve of Bobby nie, ek is net ‘n dude wat songs skryf.  Ek sal myself altyd so sien, en ek het die awesome voorreg om in twee kickass bands te wees.

As jou snor ‘n superhero was, wat sou sy naam gewees het, en waste superpowers sou hy gehad het?

Ek dink sy naam sou Moustachio Man gewees het , en hy sou al die mense se frowns in smiles in verander.

(Gewone snorre doen dit ook)

In Beeld het jy ‘n artikel geskryf wat ‘n paar mense bietjie upset het, hoe het jy die virtual fires dood geslaan?

Ek doen dit al vir sewe jaar so jy moet maar ‘n harde vel  ontwikkel, daai mense se opinies is net so belangrik soos myne. Dit wat hulle gesê het maak totally sin, en die goed wat ek gesê het maak ook sin. Die plan van daai berig om afrikaanse musiek te tune was nooit persoonlik bedoel nie, dit was nooit op iemand spesifiek gemik nie. Dit was maar ‘n 'tong in die kies' berig.

Wat is jou gunstelling roomys?

Sjokolade!

(Bouwer was baie entoesiasties oor daardie vraag)

Sou jy se dit was ‘n goeie besluit om Pretoria toe te trek?

Ja totally, ek glo jy moet jou self omring met mense beter as jy anders gaan jy nooit beter raak in wat jy doen nie, nie dat Potch enige crap bands het nie. Ek wil nie net musiek doen nie, ek hou baie van die video werk en die hele online blogging idee (soos ons) en daar is net beter vibes in Pretoria as dit kom by Afrikaans.

Wat maak die nuwe Straatligkinders album beter as die ander?

Dit is baie meer afgerond, ons het ook baie meer tyd spandeer aan die skryf proses. Voor dit het ons maar die songs geskryf en gehoop en bid dat iemand daarvan sal hou. Hierdie keer het ons dit baie mooi beplan want ons musiek is ons besigheid, ons verkoop songs.

As jy saam met enige local popsanger kon colab, wie sou jy kies?

Wasserval, ek is ‘n groot fan van hulle.

Wat is jou gunsteling liedjie om op te tree?

My ekskuus. Dt is die song waarop ek die trotste is, dit is ‘n super cheesy love song maar dit het baie sentimentele waarde . Dit is geskryf in ‘n super klein kamertjie in ‘n studente huis waar ek gebly het die storie agter dit is net belaglik.

Waarna kan die fans uitsien?

Die live shows gaan lekker wees. Ons gaan nuwe dinge uitprobeer. En dan natuurlik die nuwe Straatligkinders album “Konings met Verskonings”.




Foto- Kikitography

Nuutste video deur Blimpfilms - http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=YEzUSzVLhUs


No comments:

Post a Comment